_12x.jpg) |
_12AFR1.jpg) |
| |
_13A.jpg) |
|
|
| |
|
WINTER TOER PROGRAM |
|
| |
|
|
|
| |
|
|
|
| |
|
Winter in die
Kaap is die geheime seisoen. Geheime dae wat helder skoon en
asemrowend mooi is. |
|
| |
|
. . . . . .
. . . . . . . . |
|
| |
|
|
|
| |
|
Dag 1:
Arriveer by Kaapstad Internasionale Lughawe in die oggend.
Gaste word vervoer vanaf die lughawe na Stellenbosch vir 'n
tradisionele ete van osstert, afval & heerlike tuisgemaakte
plaasgroente aan die familie tafel van Meerlust Landgoed.
Natuurlik word elke gereg bedien met die befaamde Meerlust
wyne. Die middagete word gevolg deur 'n wyntoer, waar gaste
die kelders besoek, en wyn uit die vate proe. Ons maak ook
'n draai by die graf van die alombekende Hongaarse wyn guru
Desiderius Pongracz, wat tragies oorlede is in 'n motor
ongeluk op Polka Draai in die middel 80’s. Suid Afrika se
Method Cap Classique is vernoem na hierdie wereldbekende
wynboukundige. |
 |
|
|
| |
|
Oppad na ons gastehuis in die
Jonkershoekvallei sal ons by die Huis van JC le Roux
vertoef, en proe aan hulle reeks van baie spesiale
vonkelwyne.
Gaste oornag in 'n gaste huis in die pragtige
Jonkershoekvallei, en die aand geniet ons 'n private funksie
met tuisgemaakte en handgemaakte kase en komplimentere wyne. |
|
| |
|
|
|
| |
|
 |
Dag 2:
Ontbyt word genuttig by die gastehuis. Na ontbyt
gaan soek ons wilde porcini sampioene (as die weer dit
toelaat). Wilde sampioene het 'n heerlike rokerige,
geur en is wonderlik om te gebruik in pastas,
risotto’s, wildsvleis geregte, of alleen saam met
lekker vars gebakte brood. Daarna woon ons 'n
“porcini” kookdemonstrasie by, en eet alte lekker
saam aan die kos en die wyn
wat die beste daarby
pas.
Na middagete vertrek
ons na Montagu en die Koo Valley (deel van die
|
|
|
| |
|
befaamde Route 62) Ons doen mee aan 'n
olyf toer waar ons meer leer oor die helende aspekte van
olyf rome en
balsems. Ons oornag die aand in die plaaslike
Montagu hotel met die eienaar Gert Lubbe as ons gasheer. Die
hotel
het 'n klein “spa” met 'n warm water bron en daar is
ook 2 kroee en 3 klaviere! Gaste kan hulle regmaak vir groot
ontspanning en plesier. |
|
| |
|
|
|
| |
|
| Dag
3: |
 |
| |
| Ons
begin die dag om te leer hoe om wyn te versnit. Gaste kry 'n
geleentheid om hulle wyn te versnit en dan self te
drink! Ons proe ook lekker aan droevrugte en neute
van die omgewing. Middagete is 'n spesiale ete van
wildsvleis – Springbok Filet, Montagu pruimedante,
port en pancetta.
Die area is ook baie
bekend vir hulle kase en op versoek kan ons 'n
plaaslike skaap- kaas fabriek besoek. Die aand kuier
ons heerlik in die Montagu Hotel en proe allerhande
vleise, biltong en droewors. |
|
|
| |
|
|
|
| |
|
Dag 4:
Ons ry via Kleinbaai (Walker Bay area) terug Kaap toe. Vir
'n oulaaste lekkerte geniet ons middagete in die Hemel en
Aarde vallei by die Newton Johnson wynkelder.
Dan reguit Kaap toe om terug te vlieg huis toe teen ongeveer
17.00 of later. |
|
| |
|
|
|
| |
|
Hoogepunte:
Wyn versny
Porcini (sampioene) pluk
Wildsvleis proe
Afval en biltong proe |
|
| |
|
. . . . . .
. . . . . . . . |
|
| |
|
|
|
| |
|
vir bespreking na LekkerBek se Kook
Toer |
|
| |
|
|
|
| |
|
 |
|
| |
_13C.jpg) |
|
|
|
_13D.jpg) |