stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte     *    stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte     *    stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte     *    stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte
     
   

  SOMER TOER PROGRAM

 
   

. . . . . . . . . . . . . .

 
   

Dag 1:

Arriveer in Kaapstad – 11:00 uur die oggend.

Ons tel die gaste by die lughawe op en neem hulle vir 'n ligte middagete bo-op Tafelberg, ‘tapas’ styl kos wat in seisoen is sal geniet word met water, vonkelwyn, druiwesap en wyn. Vandaar    sien jy waar die twee oseane bymekaar kom, Kaappunt, Tafelbaai   en Valsbaai. Gaste oornag in die luukse Villa wat aan Tanya Fourie behoort op die see by Glen Beach. Gaste kan in die middag maklik stap na Clifton of Kampsbaai om hulle aptyte op te wek vir 'n  feesmaal by die Villa daardie aand.

 
     
     
       
    Dag 2:

Ontbyt is by die omstrede dog beminde James Small se straat kafee 500m weg. Caprice bedien uitstekende Italiaanse koffie, goeie pastries en 'n heerlike tradisionele ontbyt. 12:00 uur word die gaste by die Villa opgepik en na Muratie Landgoed naby Stellenbosch geneem. By Muratie aangekom kan hulle ontspan, 'n kaasbord geniet, gaan stap, 'n wynproe meemaak of 'n middagslapie geniet.

 
       
    18:00 uur vertrek die bussie na Rainbow's End vir aandete en 'n wynproe. Daarna sal daar in die Stellenbosch middedorp gekuier word met musiek en wyn, tot almal gereed is vir  slapenstyd by Muratie, een van die mooiste wyn plase in die omgewing.  
         
    Dag 3:

Na ontbyt by Muratie, vertrek die bussie kuspad langs na die vissersdorpie van Gansbaai. Middagete is by Marianas in Standford 'n organiese restaurant wat aan Mariana behoort.        Sy verbou al haar eie groente, vrugte en kruie en die spyskaart is "Take it or Leave it".    Hierna, kan daar by die huis gerus word tot 16:00 uur wanneer die boot vertrek vir 'n     kreeftrek van ongeveer 90 minute.
 
         
    Die aand se ete is 'n informele braai van pluimvee (eende in die webber, hoenders ontbeen oor die kole) en vark (gerookte vark rugstringe gemarineer in Muratie port). Dit word 20m van die see geniet op die huis se stoep, waar die ritmiese flikker van Danger Point se Lighuis in die verte gesien word en waar Dyer Eiland meer na jou verbeelding as die ware Jakob lyk.  
       
   

  Dag 4:

Ontbyt die volgende oggend is by Birkenhead bierbrouery wat saam met 'n bierproe (nie voor 1uur) en 'n toer van die brouery geskied. Vandaar word daar gereis na Bonnievale. 'n Tapas styl snack middagete word bedien by die tente, met die Kaastoer en vroeë aandete by Mooivallei en Riggs Restaurant.
 
 
Dag 5:

Ontbyt word by die tente bedien buffet styl en daarna volg die wyntoer op  die rivier. Dit duur ongeveer 4 ure en daar sal baie informeel gestop en geproe word. Iewers langs die oewer van die rivier sal die droëvrugte   asook die muskadel beskikbaar wees vir proe en koop. Daarna is dit      rustyd en vrye tyd. Die aand sal 'n ete bedien word by die tente deur beroemde chef Bernard Hess van Mimosa Lodge in Montagu.
 
Dag 6:

Gaste word direk lughawe toe vervoer met 'n stop by Eilandia - vir die olyf proe en toer.
       
   
Gebeure op die koskalender:
     
1   Kreefseisoen begin 15 November - Enige persoon wat gedurende die somer een van ons kostoere meemaak, kry automaties 'n kreeflisensie asook 'n swartmossel lisensie.
     
2   Aarbeie is oral in die wynland beskikbaar en meer as een plaas laat toe dat eie aarbeie gepluk word.
     
3   ‘Al Fresco Dining’ is 'n heerlike opsie onder die Kamfer bome van historiese plase.
     
4   Pruime, perskes en eintlik alle steenvrugte word in die wynland geoes.
     
5   Oude Libertas se opelug konserte open vanaf 1 Desember en laat eie pieknieks toe.
     
6   Forelle in die Eerste Rivier raak baie mooi groottes vir vangs, sowel as vir die rook van die visse.
     
7   Wyntoere via boot/ vlot is 'n moet op die Breede Rivier met 'n verskeidenheid kaas toere asook 'n blik op die maak van muskadel - 'n eg Suid Afrikaanse drankie wat in Montagu gemaak word.
     
8   Droevrugte word gemaak in Montagu.
     
9   Kersies is in die Ceres omgewing beskikbaar.
     
10   Muisbosskerm aan die Weskus open laat November, so informele buitelug etes op die strand is beskikbaar.
 
   

. . . . . . . . . . . . . .

 
       
   

vir bespreking na LekkerBek se Kook Toer