stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte     *    stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte     *    stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte     *    stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte
     
   

  LENTE TOER PROGRAM

 
       
       
   

Die hele Kaap word weer van voor af wakker in September. Kaal wingerdstokke dos hulleself met lowergroen blare, vrugtebome staan vol in bloeisel blom, die swaeltjies kom kuier weer uit die noordelike halfgrond in afwagting van die somer wat kom.

 
   

. . . . . . . . . . . . . .

 
   

Dag 1:

 

Gaste arriveer by Kaapstad Internasionale Lughawe.

Ons begin met 'n wynproe by die kleinste MCC kelder in Houtbaai,   met 'n pragtige uitsig oor die suidelike deel van die berge. Daarna      ry ons Weskus langs na Yzerfontein vir 'n heerlike middagete van  Weskus seekos by die Strandkombuis.

Gaste kan rustig langs die see afstap in die middag en selfs op aanvraag 'n sonsondergang mandjie saamneem om die laaste oomblikke van die dag te geniet. Die aand braai ons sappige steak   met bykosse en wyne van die area. Gelukkig val ons net daar by       die Strandkombuis om vir die nag se lekker slaap!

 
       
   
Dag 2:
 

Die volgende oggend, na onbyt vertek ons na Darling vir 'n Swartland wyn toer. Ons besoek onder ander De Grootte Post wynkelder en ook Darling wynkelder – heerlike dessert wyne, rooi wyne en wit wyne word geproe.

Vanaf Darling ry ons na die Riebeeck Vallei en besoek Allesverloren Wynlandgoed en 'n paar olyf plase. Riebeeck Wes en Riebeeck Kasteel is rustig en kunstig, en ons geniet middagete op die stoep van 'n plaaslike kunsgallery. Na middagete vertrek ons na die Paarl en oornag in die pragtige Herbert Baker Herehuis Lekkerwijn.

 
       
   

Dag 3:

Ons ry rustig terug Kaap toe via Franschoek, Villiersdorp en Greyton en proe op die pad      kaas, wyn, en sjokolade. Middagete word      geniet in Bietangs Grot en hopelik sien ons

'n walvis.

 
       
    Gaste vertrek vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe vanaf 17:00 uur of later.  
       
   

Hoogtepunte:

Seekos op die strand

Weskus Lekkerte

Walvisse kyk

Bergstap roetes

Bloeisels bewonder

 
   

. . . . . . . . . . . . . .

 
       
   

vir bespreking na LekkerBek se Kook Toer