_12x.jpg) |
_12AFR1.jpg) |
|
| |
_13A.jpg) |
|
|
|
|
| |
|
Die
SPAN |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Die Mense agter die
Lekker |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Die LekkerBek konsep het ontstaan uit blote toeval.
Hier is die storie... |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Wirie, die ma in die LekkerBekspan, is 'n praktiserende
Bemarkings konsultant. Maar een dag op die ingewing van die
oomblik besluit sy om 'n paar lekkernye as Kersfeesgeskenke
te bak. Die woord versprei toe soos 'n veldbrand en voordat
sy weet bak sy deur die nag om al die bestellings na te kom. |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Terwyl sy nog so een dag met haar Rottweilers stap, wonder
sy wat om vir haar man, André,
vir Kersfees te gee. ”Ag wat, ek pak sommer 'n klomp
lekkernye, want hy is tog maar net 'n LekkerBek”, dink sy.
|
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
En op daardie oomblik is ”LekkerBek Tuisgemaakte Lekkerte”
gebore. |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Die
"Lekkerte" deel was haar seun, Arné,
'n ingenieur van professie se idee – en is vandag net so
deel van die LekkerBek Span as die ander. Die ander
integrale lid van die span, is Andanté,
die dogter in die huis. Sy is 'n grafiese kunstenaar, en
haar passie is om alles mooi te maak – en is natuurlik ook
versot op kos en kos maak. |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
"Om
saam met haar produkte vir LekkerBek geskenke te soek is 'n
belewenis. Eers moet dit mooi wees, en dan ook lekker. Groot
is haar verligting as sy iets met pragtige verpakking
raakloop, en dan nog lekker is ook.” |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Alhoewel die Rust familie se wortels in die Karoo en Kaap
lê, woon die gesin al 33 jaar in Johannesburg. Hul
spenskaste is altyd vol, en vriende en familie kuier alte
lekker om hul groot stoeptafel. Daar is selfs een keer
gepoog om te bereken hoeveel ure al om daardie tafel gekuier
is, maar dit was onberekenbaar. |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Dit is ons hartswens dat jy die plaaslike produkte in ons
LekkerBek Geskenk Reeks, net soveel sal geniet soos wat ons
die reis op soek daarna, en die proe daarvan geniet het. |
/W%20&%20A%204%20copy.jpg) |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Gesondheid op 'n Lekker Lewe! |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Skink vir jou 'n lekker glas wyn en
lees die “LekkerBek
Reis”
– en deel in ons reis van proe en soek na Tuisgemaakte
Lekkerte! |
|
|
| |
_13C.jpg) |
|
_13D.jpg) |
|